En dit is hoe die maan op die oomblik lyk vanwaar ek onder die karee staan en opkyk hemel toe teen laatmiddag se kant.
As jy my bly wil maak, laat my in die grond vroetel. Sielsaliglik bly is ek daar buite in die natuur. Ek het verskeie soorte saad gekoop by die Koöperasie. 'n Opgewondenheid lê in my binneste.
Dink net: vars, gesonde wortels en beet uit die grond uit....ek ruik dit al!
"Ons gaan hierdie jaar lekker eet!" lag Rose toe ek in die kombuis 'n draai maak van buite af.
"Ons gaan hierdie jaar lekker eet!" lag Rose toe ek in die kombuis 'n draai maak van buite af.
Ons hoop so! Ons hoop die goeie son en vrugbare aarde en eerste lentereëns werk alles saam om hierdie, nou-nog-kaal tuin in 'n lushof te verander. Ek kan nie wag nie! Ou Jacob maak ewe ywerig solank 'n stuk grond al langs die heining gereed vir die aartappelmoere wat nog moet kom. Hy voel seker my entoesiasme aan. Positiewe gedagtes is mos aansteeklik! (word vervolg)
Aitsa, dit lyk absoluut wonderlik, so inspirerend Liz! Ek onthou die genot wat ek uit my groentetuin op ons vorige plot gekry het, en die heerlikheid van sorg vir dit, ek sal ook graag weer een wil begin!
ReplyDeleteGroot glimlag!! Dankie Maree, ek hoop dit werk! Ek wil nog heelwat kruie en Afrikaners ook sommer tussen-in plant. Algaande leert men! Wie weet, dalk kry jy 'n lekker plekkie om weer 'n tuin te begin. x
Delete