Nouja, ek is ook so bly as iets groei. Kom kyk gou hoe het my groentetuin gevorder sedert ek laas hier geblog het, man, dis mos lekker om LEWE te sien waar daar eens net niks was nie. En hier by my groei daar ook 'n mielie tussen die rose en 'n tamatie tussen die vetplante. Want groei is mooi en groei is goed.
Wortels, basiliekruid (pers) en spinasie.
Uie, beet, spinasie, basiliekruid. Ek het verneem dat lg. die goggas weghou van spinasieblare. Algaande leert men!
Wilde knoffel langs die kante keer ook insekte.
Wortels! Kan nie wag om dit uit die aarde te trek as dit groot genoeg is nie.
Wat is 'n ete sonder tamaties? As mens tamaties het, het jy mos KOS!
Hier groei Afrikaners, dit begin al knoppies maak en sal seker een van die dae blom. Regs is peppadews.
Gesonde peppadews op pad na nuwe hoogtes!
Pietersielie maak enige slaai heerlik, fyn stukkies bo-op gestrooi laat 'n vleisgereg net smaakliker lyk!
Son en reën en liefde laat tamaties groei!
Ons honde is al slim en loop nie sommer in die beddings nie! Ou Jacob se boontjies begin lustig teen die krom stokke oprank.
'n Eksperiment! Eiervrug. Ek verneem mens kan heerlike geregte hiervan maak en dis boonop baie gesond!
Tot volgende keer.... lekker tuinmaak!
Ek LIEF vreemde verrassings so tussen die beddings Liz en 'n mielieplant of verdwaalde tamatieplant sal al te welkom wees! Jou groentetuin ly vreeslik mooi en daar's mos niks lekkerder as om mens se eie, vars groente te pluk nie!
ReplyDeleteAltyd so lekker om jou spore hier op my blog aan te tref Maree. Dankie vir die mooi kompliment! Het vandag beet uit die tuin gekook en geëet!! Vars verby!
Delete