Vanoggend is dit nie so warm nie en ek dwaal deur die tuin op soek na die kwikstertjie wat my nou al hoe lank roep. Ek hoor sy liedjie deur die oop vensters. Ek sien hom hop-hop oor die gras. Vandag is die dag dat ek 'n foto van jou neem my ou maatjie!! "Klik!" net toe hy met grassies in die snawel vir een enkel sekond op die huis se dak tot stilstand kom. Dankie tog! Om dié klein vinnige karnallie af te neem, is gladnie maklik nie.
"As hy staan, dan gaan hy en as hy gaan, dan staan hy!" het iemand een keer gesê. Picasa het my gehelp om hierdie rooi-en-blou prentjie te maak. Hou jy ook daarvan?
Die kwikstertjie (ook kwikkie, wipstertjie of akkermannetjie) is 'n klein voëltjie met 'n lang stert wat algemeen in Suid-Afrikaanse tuine en op die seefront aangetref word. Dit het 'n duikvlug en op die grond beweeg die stertjie heeltyd op en af. 'n Treffender soort is die bontkwikkie van KwaZulu-Natal en die Victoria-waterval.
(Wikipedia)
(Wikipedia)
Hulle is net so rats hier by my Liz! die enigste tyd wat ek hulle sal kan afneem is wanneer ek in die bad sit en hulle in die badkamertuin rondloop, en dan het ek nie my kamera by my nie! Maar eendag is eendag!
ReplyDeleteEendag is eendag ja! Baie dankie vir die inloer Maree!
DeleteWaar kan ek meer Info kry oor om hulle te help met kos. En of om hulle te voer.. Ek het 'n familie in my tuin. Dankie
ReplyDeleteEk google maar alles Sam, miskien kan Maree Clarkson wat hierbo kommentaar gelewer het, jou help, sy maak wilde voëls haar vriende!
Delete