07/09/2015

Kleur in die tuin

O, die son skyn weer! Hoera, hoera! Vanjaar was ons betyds met die kraalmis-en komposmengsel, want net nà ons dit uitgestrooi het, val die lieflike reën! Ek raak sommer opgewonde as ek dink hoe mooi die tuin gaan word in die komende dae. Mag jou somerseisoen ook oorloop van helder kleure en vele vreugdes! 

Drie splinternuwe laventels en 'n klein kaktus met geel blomme het kom vastrapplek soek in ons erf. Die donker en ligpienk camelia japonicas blom en in die hoek onder die karee is daar 'n hele paar boslelies (clivias) te sien.

2 comments:

  1. As die reën eers geval het is dit pure genot om te sien hoe die tuin floreer! Jou Clivias lyk pragtig Liz, myne blom ook mooi op die oomblik.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis so lekker!! In vandag se Beeld vertel hulle hoe maklik clivias groei en dat hulle baie droogtebestand is.
      Dankie Maree.

      Delete