15/04/2016

'n Dag buite

Die weer is dié tyd van die jaar net wonderlik. Elke dag is 'n stuk seën en genade. Herfs is en bly my gunsteling seisoen. Dit was hoogtyd om die vetplanttuintjie bietjie op te kikker. Ek en ou Jacob het gister ure daar spandeer: klippies skoongewas, kompos bygegooi, verplant, herrangskik, skoongemaak, oorgepak. En nou is my tuintjie weer pragtig en gereed vir die koue winter wat voorlê. Gelukkig kom kuier die lekker louwarm sonstrale elke dag hier en is die plante tevrede....en 'n lus vir die oog!








Common Name: Turk's cap,” “melon cactus” (or simply “melon”)
 Nà die verwoestende haelstorm van 'n paar maande gelede het die "flapjack" darem weer mooi herstel. Naam: Succulent plant Kalanchoe thyrsiflora (Paddie Plant, Flapjacks, Desert Cabbage)

 Wollerige woestynrosies. 
 'n Kaktus en sy kindertjies.



 "Sticks on fire"....ek wil dit uitplant in 'n groter pot! In die wintermaande is die punte 'n aantreklike rooi kleur.
Actually, this plant has many, many common names. Among them are firestick plant or sticks on fire, Indian tree spurge, naked lady, pencil tree or pencil cactus (although it is not a cactus), and milk bush. That last name comes from the sticky sap that is produced when you cut a section. Gardening With Nature: Thanks!

 Twee "kunsfoto's!" 
Links voor: Common Name: Turk's cap,” “melon cactus” (or simply “melon”) Haasoortjies teen die muur. 


 Vygies....blom goudgeel met tye. 


 Echeveria, crassula, kaktus en "vet vingertjies"... 

Noto Cactus Magnificus






 Garingbome geplant waar daar genoeg ruimte is en hulle na hartelus kan groei en niemand pla nie! 
Tog te mooi ! 

2 comments:

  1. Sjou, jou versameling is uiters pragtig Liz! Gaan almal die winter buite deurbring of vat jy party iin die huis in...?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Baie dankie Maree, nee, hulle gaan almal buite bly, dié hoek is darem heerlik beskut en die middagson is lekker vriendelik daar. My huis is net 'n bietjie te donker vir plante... ;-)

      Delete