30/05/2012

Blou voël


Blouste blou voël op die tak
hoe weet jy as die son gaan sak,
hoe weet jy waar die winde waai
en of die hoenderhaan
weer vroegdag kraai?



Jy sit so lekker rustig daar
jou stertjie is 'n klawerblaar,
jou ogies sien so alles raak -

jy het my dag weer mooi gemaak!

Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. En jy't ook my dag mooi gemaak Elizabeth, met jou mooi woorde en hierdie pragtige blou voëltjie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Maree, elke voëltjie op aarde is 'n present uit die hemel!

      Delete