30/05/2012

My hoendertjies



Op my plasie langs die dam
het hul weer nes gemaak -
twee hoendertjies, so bontgeveer,
het aan my hart kom raak...

hul pik en skrop die heeldag lank
hul maak my tog so bly -
want in hul nes, teen aand se kant,
sal ek drie eiers kry!

Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. My gunsteling, hoendertjies! Lief hierdie skets Elizabeth en ook die 3 eiers elke dag!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek weet! Het aan jou en jou geveerdes gedink toe ek hierdie rympie geskryf het. Dankie vir die inloer weer eens Maree. Waardeer baie!

      Delete