20/01/2016

Vetplante

Die wonderlikste plante onder die son! Nie baie afhanklik van water nie en altyd immergroen en mooi! Mens plant elkeen van hierdie (soms) doringlyfies met liefde in jou hande en as jy weer kyk, het dit sommer in veelvoud aangewas en kleintjies gekry. Ek kan my ook verkyk aan die verskillende teksture en vorms, enige kunstenaar se droom! Die flapjack se blare is 'n sagte blougroen, lyk soos iets wat onder in die see kan groei!  



Hier is 'n mooi voorbeeld van 'n kaktus wat vermeerder het met die jare. Eens was dit net een ronde bolletjie dorings en kyk nou!





Sedum, of soos ek dit maar vir myself noem, "vet vingertjies" is van die maklikste groeiers ooit en vertoon baie mooi in enige tuin.

2 comments:

  1. Vetplante is waarlik wonders van die natuur Liz, gee soveel vreugde vir so min moeite!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Verseker!! En is mooi daarby! Dankie Maree!

      Delete