Showing posts with label vetplante. Show all posts
Showing posts with label vetplante. Show all posts

15/04/2016

'n Dag buite

Die weer is dié tyd van die jaar net wonderlik. Elke dag is 'n stuk seën en genade. Herfs is en bly my gunsteling seisoen. Dit was hoogtyd om die vetplanttuintjie bietjie op te kikker. Ek en ou Jacob het gister ure daar spandeer: klippies skoongewas, kompos bygegooi, verplant, herrangskik, skoongemaak, oorgepak. En nou is my tuintjie weer pragtig en gereed vir die koue winter wat voorlê. Gelukkig kom kuier die lekker louwarm sonstrale elke dag hier en is die plante tevrede....en 'n lus vir die oog!








Common Name: Turk's cap,” “melon cactus” (or simply “melon”)
 Nà die verwoestende haelstorm van 'n paar maande gelede het die "flapjack" darem weer mooi herstel. Naam: Succulent plant Kalanchoe thyrsiflora (Paddie Plant, Flapjacks, Desert Cabbage)

 Wollerige woestynrosies. 
 'n Kaktus en sy kindertjies.



 "Sticks on fire"....ek wil dit uitplant in 'n groter pot! In die wintermaande is die punte 'n aantreklike rooi kleur.
Actually, this plant has many, many common names. Among them are firestick plant or sticks on fire, Indian tree spurge, naked lady, pencil tree or pencil cactus (although it is not a cactus), and milk bush. That last name comes from the sticky sap that is produced when you cut a section. Gardening With Nature: Thanks!

 Twee "kunsfoto's!" 
Links voor: Common Name: Turk's cap,” “melon cactus” (or simply “melon”) Haasoortjies teen die muur. 


 Vygies....blom goudgeel met tye. 


 Echeveria, crassula, kaktus en "vet vingertjies"... 

Noto Cactus Magnificus






 Garingbome geplant waar daar genoeg ruimte is en hulle na hartelus kan groei en niemand pla nie! 
Tog te mooi ! 

20/01/2016

Vetplante

Die wonderlikste plante onder die son! Nie baie afhanklik van water nie en altyd immergroen en mooi! Mens plant elkeen van hierdie (soms) doringlyfies met liefde in jou hande en as jy weer kyk, het dit sommer in veelvoud aangewas en kleintjies gekry. Ek kan my ook verkyk aan die verskillende teksture en vorms, enige kunstenaar se droom! Die flapjack se blare is 'n sagte blougroen, lyk soos iets wat onder in die see kan groei!  



Hier is 'n mooi voorbeeld van 'n kaktus wat vermeerder het met die jare. Eens was dit net een ronde bolletjie dorings en kyk nou!





Sedum, of soos ek dit maar vir myself noem, "vet vingertjies" is van die maklikste groeiers ooit en vertoon baie mooi in enige tuin.

18/10/2015

Hulle vra so min en gee so baie!

Ek hou hulle al geruime tyd dop. Die kaktusse wat my soveel plesier gee in ons vetplanttuin. Gister was dit nog net sagte pienk knoppe. Vanoggend vroeg toe ek uitgaan word ek beloon met 'n hele klomp blomme. Ek verwonder my aan hul delikate skoonheid, hul perfekte blare in teenstelling met die dorings waaruit hul blomme voortkom. Dis so maklik om hierdie plante te versorg. Hul vra niks en gee alles! Ek dink nie daar is mooier blomme op aarde as hierdie sagte ligpienkes nie!

So het dit gister gelyk: 




En so lyk dit vanoggend: 











Mag jou dag mooi wees!