Voëls in 'n tuin is en bly 'n vreugde! Hier is my nuutste voëltjievoerder: 'n plat plank met randjies sodat die saad nie maklik afval nie, stewige tou en siedaar! Dit hang aan die granaatroos se tak reg langs ons slaapkamervenster. Terapie op sy beste! Ons geveerde vriende moet nou net eers gewoond raak daaraan, dan kan die feesmaal begin!
Kom word weer 'n kind, kom kuier en geniet! Jy het heeldag tyd... Daar is kopiereg op my skryfwerk en foto's. As jy dit wil gebruik is jy welkom, maar onthou om my te erken.
28/03/2015
23/03/2015
Kuns in die natuur
Oral is daar kuns: vorms, teksture, kleure. Skoonheid. Kyk net en waardeer dit wat jy sien, elke dag.
Subscribe to:
Posts (Atom)