Om 'n pakkie in die pos te kry, is louter vreugde!! Byna al my kuns en baie van my beter foto's is op my profielblad op RedBubble. Wat baie lekker is van dié blad, is dat 'n mens van tyd tot tyd verskillende produkte daar verkoop aan wie ookal dink jou werk is uitstekend! Dit is elke keer 'n aangename ervaring.
Sodoende gaar mens dan $US bymekaar. En ons almal weet dis meer werd as ons swak Rand. Deur middel van PayPal kan 'n mens enige-iets aanlyn koop soos jou hart begeer en afhangende van hoeveel fondse jy tot jou beskikking het.
Ek besluit toe om van my eie kaartjies te bestel, sommer 'n hele klomp! Die wete dat daar nêrens op aarde nog sulke kaartjies is nie, maak dit 'n hartverblydende aangeleentheid! Groot was my blydskap toe ek dit dus gister in die pos ontvang. Wat gee meer vreugde as 'n unieke en handgeskrewe kaartjie? Ek sien uit om dit aan vriende, vriendinne en familie te stuur! Die drukwerk en gehalte is puik.
Kom word weer 'n kind, kom kuier en geniet! Jy het heeldag tyd... Daar is kopiereg op my skryfwerk en foto's. As jy dit wil gebruik is jy welkom, maar onthou om my te erken.
Showing posts with label maklik. Show all posts
Showing posts with label maklik. Show all posts
06/11/2015
18/10/2015
Hulle vra so min en gee so baie!
Ek hou hulle al geruime tyd dop. Die kaktusse wat my soveel plesier gee in ons vetplanttuin. Gister was dit nog net sagte pienk knoppe. Vanoggend vroeg toe ek uitgaan word ek beloon met 'n hele klomp blomme. Ek verwonder my aan hul delikate skoonheid, hul perfekte blare in teenstelling met die dorings waaruit hul blomme voortkom. Dis so maklik om hierdie plante te versorg. Hul vra niks en gee alles! Ek dink nie daar is mooier blomme op aarde as hierdie sagte ligpienkes nie!
So het dit gister gelyk:
En so lyk dit vanoggend:
Mag jou dag mooi wees!
Subscribe to:
Posts (Atom)