08/07/2012

Winter

My tone tien is ys-verkluim
so ook my vingers en my duim
ek dra my wolpantoffels nou:
dit sal die koue buite hou!

My serp is warm om my nek
my hande ook met wol bedek
Ek blaas 'n asem yskoud-stoom
terwyl ek oor die somer droom!


Elizabeth Kendall ©

2 comments:

  1. Geserp en gepantoffel is die beste raad teen hierdie koue Elizabeth!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Verseker! Ek waardeer so baie jou inloer Maree!

      Delete