06/09/2012

My hoendertjie

My weglêhoendertjie
het 'n hoepelbeen.
Ek weet waar haar nes is,
net ek alleen.
 
Ek sorg vir haar soggens,
elke liewe dag.
Sy roep voor my deur
terwyl sy honger wag.
 
As sy later in die veld sit
en 'n eiertjie daar lê,
raai ek dis vir my
wat sy só dankie sê.
 
 

2 comments:

  1. Ag, ek LIEF dit Elizabeth! Pragtige woorde by hierdie oulike prentjie!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het sommer geweet jy sal hiervan hou Maree....dis Kiep en haar maatjie en die versie pas eintlik by JOU! Baie dankie vir die inloer hier, ek waardeer dit.

      Delete