27/09/2012

Die verkluimde akkedis

Net hier voor my op die grond
het ek die liefste ding gekry-
stertjie rooi en verder bont,
en nie die minste bang vir my.


Kyk, ek neem hom in my hand.
“Foeitog, kleinding, wat is jy?”
Haai! hier-jy! Jou klein kalant!
Kyk nou hoe laat skrik jy my!"
 
(Ek het dié gediggie op Laerskool geleer en sou baie graag wil weet wie die digter is.)  

2 comments:

  1. En die dorings pla hom nie eers nie! My akkedissies bak te heerlik in die sonnetjie teen die muur van my badkamertuin - gister het ek vier getel!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir die inloer Maree! Ja hulle is te dierbaar, inwonende loseerders!

      Delete