20/10/2012

Duiwe: verse en vrolikhede

 
Kransduif pienkpoot op my huis se dak
vredig en op sy gemak
 
 
Donsveer droom 'n babaduif op 'n plat klip in die tuin...
waar het sy liefste mamma nou tog weer verdwyn?
 
 
By die waterbak sit sy en bad, "koe-koerdoek"-kuier
heerlik dat die druppels so spat!
 
 
'n Lagduif sit daar naby op die stomp,
sy sit verkyk haar aan dié vrolike klomp!
 
 
Tortelduif is mooi verby...
blinkoog staan sy daar en lekkerkry....
 

 
... besluit  om gou 'n lekker bad te vat, pof die vere, water spat!!
 
 
Op die grys muur sit haar jongste soet en droom,
 
heerlik onder die groot ou anaboom.
 
 
Salig is dit in dié tuin...
 

 
....al is dié sitplek is 'n bietjie skerp!
 

 
Dis baie sagter sit so op die gras...hier waar pienk tone netjies pas!
 

 
Soms sommer net lekker om rond te stap en vriendelike duiwespoortjies oraloor te trap!!
 

 
 
 
 
 
 

2 comments:

  1. Hoe pragtig is al die duifies tog nie Liz! Dis wonderlik dat hul jou tuin so geniet! Gister was ek by die lughawe en daar was baie voëltjies op die restourant se stoep wat behoorlik gegaap het van die hitte! Ek het die bestuurder gevra of hy nie 'n bakkie water op die stoep kon sit nie, en hy was baie bedagsaam, het ingestem!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek geniet hulle so Maree! En kan nie dink daar was 'n tyd toe ek baie besiger was en hulle maar net altyd in die agtergrond was, nou ken ek elkeen by sy naam en praat dikwels met hulle. Die natuur is wonderlik!!

      Delete