16/04/2015

Foto-insetsel nr. 2



"Die wêreld is ‘n ontdekkingsreis en die wêreld agter ‘n kameralens is ‘n psalm, ‘n loflied." Só het laas keer se foto-insetsel geeïndig. My psalms en lofliedere het gelukkig nie ook opgedroog nie, dit sal hopelik nooit. 

Elke seisoen het mos sy eie mooi. Herfs is verruklik. Verruklik is baie mooier as "awesome"! Regtig. Ek weet. Elke nuwe dag het sy eie, warm en besondere kleure. “ Ek loop verkyk my daaraan!” sal die Kapenaars sê.  En dit gebeur dikwels  dat die kleur van elke dag 'n trooskombers is.  Ons kan onsself daarin toevou. Dankie tog dat ons kan sien, kan ruik, kan proe, sommer net kan wees.

Dankie dat ons te midde van probleme en swaarkry nog kamera-in-die-hand kan rondloop en elke pasella wat direk uit die hemel kom, kan vaslê, kan deel.  Foto’s vertel mos stories. Foto’s laat mens onthou. Foto’s laat mens dink. Foto’s neem bly ‘n heerlike avontuur! Geniet dit, geniet jou dag! 

 Streptocarpus blom steeds in die agterplaas. 
 Grassade
Sonlig deur kareeblare. 

4 comments:

  1. Oe, die mooiste foto's en woorde Liz! El's ook mal oor jou blog agtergrond!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie x 100!! So lekker om jou spore hier te kry!

      Delete