09/05/2014

Sommer net vir die lekker!

Ek was onlangs by Vlu-Noord se kongres waar ek van my kuns uitgestal en verkoop het. Dit was interessant om te sien waarvan die vrouens hou en waarin hulle belang stel. Ek het nog altyd (sommer net vir die lekker) en baie dikwels van my foto's of skilderye gekombineer met my verse. Net omdat ek dit geniet het! En ook omdat ek lief is daarvoor om iets kreatiefs te kan doen elke dag van my lewe hier op aarde. Ek het nooit regtig gedink iemand anders sou dit ook wou hê nie. Dit was dus vir my 'n heerlike aansporing toe ek agterkom dat mense toe nou BAIE van my woordprentjies hou!

Nou moet ek dink hoe ek gaan maak om dit te bemark. Op RedBubble kan 'n mens van my "Woord en Beeld"-kaartjies koop. Die kwaliteit is uitstekend en hoe meer 'n mens koop, hoe goedkoper word dit! Maar ek wil dit sommer tuis ook bemark. Wat dink julle? 'n Mooi gelamineerde kaartjie met 'n versie daarby behoort heelwat mense te verbly.




 




2 comments:

  1. Soos altyd is jou woord en beeld kombinasies 'n ware fees vir die oog Liza!! Ek volg jou getrou. Nie altyd kans om woord van waardering hier te kom los maar as die poskoets die dag kom draai met van jou spelery, is my dag gemaak!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Soos my dag NOU gemaak is, dankie Raai vir jou baie welkom woordspore hier op die speelgrond! x

      Delete