07/11/2015

Kwikstertjie

Ek sien hom deur die badkamervenster. Salig gelukkig sit hy op die stomp en versorg sy vere. Vir wie maak hy hom so mooi op hierdie warm Saterdagmiddag? Lieflike ou klein voëltjie met jou skerp bekkie, dun beentjies en lang stert, jy kleur my dag so mooi in!



2 comments:

  1. Ag, tog so pragtig Liz, lief daardie wip-wip loop van hulle! Hy lyk heeltemal tuis daar in jou tuin!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja is hy nie 'n lieflinkie nie!! Dankie Maree!

      Delete