12/03/2014

Daar's water!!

Sedert die 1e Maart 2014 reën en reën en reën dit aanmekaar hier in ons kontrei en in groot dele van ons lieflike land. By baie plekke is daar yslike oorstromings en baie skade en voel 'n mens jammer vir mense wat daardeur geraak word. Hoe klein is ons krag teen die mag van die natuur, ons is eintlik maar weerloos. Hier by ons het tot dusver 200mm. reën in twee weke geval. Dis BAIE!

Vir iemand wat lief is vir foto's neem, is daar skielik sommer baie meer kiek-geleenthede. Ek sien prentjies in my tuin, prentjies wat weer gaan verdwyn as die son volgende week dalk skyn.



Die ou gekraakte sementpaadjie(wat ek nie wil regmaak nie, dit gee mos karakter!)



'n Blinknat paadjie na die voorste hekkie toe.

Poele water oral.

Groen, groen, groen.

Die tuin floreer!!


Chris en Brakkies doen voorraadopname! 


Voor die klein hekkie lê 'n dam, 'n plas, 'n poel!


Hagar en Brakenjan wonder wanneer gaan die son weer skyn...


Druppels hang soos 'n kantgordyn van die dak af.

NAT!





Die wolke maak prentjies op die nat plaveisel, so mooi vir my!


"Kom speel tog nou bal!"

'n Hadeda, die enigste een wat hoog en droog alles bo uit die denneboom dophou.

Wolke vol wit beloftes van nog reën. 

Herfs se eerste tekens hang in geelgroen blare buite. 

Nat appelkoosboomblare by die agterdeur. 

Die peppadews is groen-gelukkig!

En die lugplant lag van blydskap!



4 comments:

  1. Dit is tog so mooi wanneer dit nat is Liz, en ek dink die plante jubel! Ons het ook verskriklik baie reën gehad oor die afgelope 2 weke, meeste dae ver oor die 50mm en op 2 geleenthede, oor die 100mm! Daar is swamme wat orals groei, die plante se blare is GROOT en die gras wil omtrent oorneem! En ek, nes jy, is vreeslik dankbaar vir hierdie gawe vanuit die wolke!

    ReplyDelete
    Replies
    1. So bly jy het kom inloer, dankie Maree. Vandag skyn die son by ons! Te heerlik.

      Delete
    2. Nog geen sonskyn hier nie, bewolk en donker en 'drizzle' so liggies...

      Delete